
Ek onthou nog so duidelik soos daglik hoe ek 7 de Laan begin kyk het...
Dit was in 2003 en my koshuis
(Klaradyn by Tukkies) vriendin
Anel was toe al 'n mal oor 7de Laan en sy het my geboelie om ten minste een keer 'n week dit saam met haar te kyk. Dit het later 2 keer 'n week geword en teen die tyd dat 7de Laan 5 episodes 'n week uitgesaai het, was ek elke dag soos klok slag half 7 voor die tellie.
7de Laan is soos 'n tipe van opsessie vir meeste mense. 5 Dae 'n week kyk jy die episodes en op Sondae die omnibus, tussendeur besoek mens die 7de Laan webwerf en blog. Maar wat as jy nog meer soek ... as jy jou so inleef by die gebeurtenisse en mense van Hillside dat jy hulle eintlik mis as jy hulle nie sien nie.
Wel, vir al julle passievolle 7de Laan kykers is daar nou
7de Laan Knertsies om jul besig te hou. 'n Knertsie is 2 minute van 7de Laan wat jy op jou Vodefone Live 3G selfoon kan kyk. Dit het niks te doen met die gewone storielyn nie maar handel oor die nuutste skindernees, die Hillsiders se gedagtes en gehuime, snaakse stories, mode wenke, romanse en snaakse grappies. Daar sal selfs voorsmakies van wat nog gaan kom in die volgende episodes.
Daar sal elke dag 'n nuwe knertsie beskikbaar wees vir aflaai na die half 7 episode.Die knertsies kan jy dan enige tyd van die dag met jou Vodafone Live foon aflaai en kyk.