Emma se groot dag
Emma se groot dag het uiteindelik aangebreek en sy het in 'n prag seremonie Mev. Lategan geword.



Ek was uiters geskok toe Rhyno se vriende hom voor die seremonie aanspreek as 'Four Weddings and a Funeral'. Ek kon nie help om aan sy troue met Annette te dink nie en hoe hartseer dit was toe sy 'n paar dae daarna doodgaan. Dit het gemaak dat ek amper nie wou gehad het Emma moet met Rhyno trou nie.
Ten spyte van Emma se ongewone groen trourok, was die troue egter baie mooi en die tuin met die fontein het dit baie atmosferies gemaak. Die twee blondines, Paula en Karien, het perfek in kontras gelyk met die ander strooimeisies Zinzi en Vanessa en dit is seker een van die redes hoekom die verwaardigers besluit het om Dezi uit die trou prentjie uit te skryf.
Die troue het ook die geleentheid geskep vir baie interaksie tussen die ander karakters. Ons het gesien hoe George en Karien 'probeer' versoen, hoe Altus onverwags Paula se sagte kant raaksien, hoe Hilda haar trots sluk en vir Oubaas aanspoor om vir Emma in die kerk in te bring. Dan het Retha ook kwaad geraak toe Emma se Pa 'n toespraak maak en Charmaine kon uiteindelik vir Daleen kon terug kry toe Neville onverwags by die kerk opdaag.
Ek hoop Rhyno en Emma kry kinders by dosyne want dit is hoog tyd dat daar weer 'n paar jong bloedjies in die laan rondkruip sodat Aubrey ook 'n paar speel maaitjies het.


0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home