Tuesday, February 28, 2006

Hoe lekker kry ek nou ....


Daar is net sulke oomblikke in 7de laan wat my tone laat opkrul van lekkerte as iets gebeur waarna ek al so lank na uitsien. En party episodes gebeur alles sommer gelyk soos gisteraand byvoorbeeld....

Ek kon saam met Charmaine slange vang toe Daleen vir haar blomme stuur en het ekstra lekker gekry toe goedhartige Charmaine dit uiteindelik verloor en vir Daleen behoorlik uittrap. Nog so 'n lekker oomblik was toe Hilda die Ikebana kompetisie gewen het. Ek is gatvol vir Vanessa wat altyd alles probeer saboteer en net die heeltyd dikbek en bevoeterd rondloop in die laan en dit is haar verdiende loon dat sy nou sonder 'n werk sit. Ek bedoel - hoe moeilik is dit om te kook Vanessa. In plaas van dat sy leer hoe om te kook, mors sy eeder met ander mense se lewens. Ek dink dit is wonderlik dat die skywers van 7de Laan Hilda iets anders laat doen want haar soet, suur, sout kombinasies raak afgesaag.

En toe Karien ons so 'n ruk terug geirriteer het deur met Zak te flikflooi het ek die hele tyd gewens dat George haar in haar glorie instuur. Dit het gisteraand weer gebeur en ek het so lekker gekry, dit is jammer dat George ook daar onder moet lei maar dit is nodig dat Karien sleg voel - mooi so George.

Hier is nog 10 lekker 7 de Laan oomblikke wat ek in die Toekoms wil sien:
10) Dezi kry haar sig terug en kom agter dat Jan Hendrik geen styl het nie, sy gaan doen inkopies saam met hom
9) Charmaine gooi warm olie op Daleen se kop uit en Daleen vlug uit die laan nadat sy uitvind haar seuns is gay.
8) Emma vergeet om preuts te wees en leer self vir Paula 'n ding of twee.
7) Felicity kry uiteindelik 'n boyfriend.
6) Tokkie word in die tronk opgesluit.
5) Sandra raak gesond en sy en Carlos trou
4) Chairmaine skop vir Vanessa uit die huis uit.
3) Altus en Paula kom weer bymekaar
2) Tannie Schoeman se kat Kerneels krap vir Karien
1) Marko se vriende vind uit dat hy 'n skoonmaker is.

0 Comments:

Post a Comment

Links to this post:

Create a Link

<< Home