TERUG FLITS: Wie is Oom Francois?


Die rol van Francois Rossouw word gespeel deur Chris Van Niekerk.
Oom Francois, ook bekend as ‘Ou Krokodil’ of ‘Radio Rossouw’ is een van die gewildste karakters in 7de laan. Bekend daarvoor om heeltemal te oordryf en permanent te skinder, weet die meeste 7de Laaners dat as Oom Francois eers begin met ‘wat vertel jy my nou’ of ‘ek het ‘n belangrike afspraak’ is hy vinnig besig om ‘n sappige storie bymekaar te sit vir Swannie van die slaghuis.
Francois was tot onlangs die laan se grootste vangs – die dat hy ‘n gesogte sakeman is en Oppikoffie besit. Die Heights het ook aan hom behoort, maar na 'n paar finansiële terugslae moes hy dit aan Zandile Mdkane verkoop.
Francois het altyd 'n sagte plekke vir Hilda gehad en kon dit nie oor sy hart kry dat sy eeder vir Oubaas verkies het nie. Hy is ook 'n oorspronklike lid van die 'Hannepootjie' klub in Oppikoffie, saam met Hilda, Oubaas en Charmaine.
Na jare van alleen wees het Oom Francois uiteindelik besluit om die knoop met Katinka deur te hak toe sy Oom ‘Boet’ vir hom die plaas Oppaslaagte aangebied het as hy wel trou. Matrone het haar best probeer om hom te verlei maar dit was al tervergeefs want hy het net oe vir sy 'Tinkie'.Ons sien maar min van hom in die laan maar hy maak gelukkige so dan en wan in verkyning in die laan soos met Emma se troue.


0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home