Tussen Treine arriveer op die 7de Laan stasie

Richard van der Westhuizen speel die rol van Tokkie le Roux - Emma le Roux se Pa
Richard van der Westhuizen is 'n ou bekende op die kassie en die Radio. In 1984 skryf en sing Richard van der Westhuizen die temalied vir die gewilde TV-reeks Ballade vir ‘n Enkeling. Die klankbaan van die reeks wat hy en Louis van Rensburg opneem bereik goue status, en die temalied word ‘n klassieke treffer in Afrikaanse musiek. Later skryf hy Tussen Treine, en bring saam met Lochner de Kock die gelyknamige CD uit in 1991, wat ook goue status bereik. Tussen Treine is vandag nog ‘n immergroen gewilde treffer.
As Emma se Pa hoop ek dat Tokkie die vermaak op Emma se troue sal verskaf en 'n lied of twee sal sing.


0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home