Friday, May 19, 2006

REALISTIESE 7de LAAN

Uit alle oorde is daar deesdae klagtes dat die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan onrealisties sou wees. Dit is nie verteenwoordigend van 'n werklike gemeenskap nie,word gesê. Tog volg derduisende van ons daagliks die wel en wee van die mense van Hillside steeds bykans slaafs. Sou die rede hiervoor nie juis in die onwerklikheid daarvan opgesluit wees nie?

Hoe sou die storie hom in die werklike gemeenskap iewers in Suid Afrika afgespeel het? Dalk so:

Dezi word deur n boef oor die kop gemoker en Emma bel die polisie en die ambulans. DIe polisie antwoord nie hulle foon nie en die ambulans diens sê hulle is jammer hulle enigste voertuig het n pap wiel. Sy moet 'n private diens probeer. Emma doen dit. Die ambulansdiens wil Dezi se mediesefondsbesonderhede hê. Sy het dit nie en hulle sê sorry hulle kan nie help
nie. Jan Hendrik jaag met Dezi na die hospitaal toe.

By 'n verkeerslig word hulle motor gekaap. Jan Hendrik word ook oor die kop geslaan en met 'n mes gesteek. Hulle haal n minibus taxi tot by die hospitaal en na baie draaie en stilhou, vier ligte ongelukkies en n skietgeveg met 'n strydende taxigroep kom hulle by die hospitaal aan. Daar wag hulle in 'n tou by ongevalle en Dezi gaan dood weens bloedverlies. Jan Hendrik oorleef, verkoop sy aandeel in Theron en Terreblanche en emigreer na Australie.

George Kyriakis se onderneming word beboet omdat hy geen swart vennote of werknemers het nie. Hy kry ook geen verdere kontrakte nie en moet die deure sluit. Hy soek werk maar word telkens afgekeur omdat hy n blanke man is. Sy blonde meisie los hom en trou met Mandla omdat sy weet hy sal altyd werk kry. George trek Amerika toe en word 'n petroljoggie.

Oubaas keer terug na Moekie nadat Maria se unie hom voor die arbeidshof sleep en hy beveel word om 50 jaar se agterstallige oortyd,verlof en bonusgeld aan haar te betaal en 35jaar se UIF gelde aan die staat. Hy is bankrot want hy moes boonop maandeliks n groot bedrag omkoopgeld aan 'n amptenaar van die gesondheidsdepartement betaal anders verkla die
amptenaar vir Hilda oor ongesonde toestande by die Deli. Hilda sluit by die ANC aan en word adjunk-minister van gesondheid.

Na 35 inbrake by Theron en Terreblanche verkoop Madel die winkel en trek Waenhuiskrans toe. Sy verkoop later ook die eiendom op Waenhuiskrans aan die ontwikkelaars wat n muur daarom oprig en nog n gholflandgoed langs die
see bou.

Eindelose kragonderbrekings veroorsaak dat die Hillside Times sy deure finaal moet sluit en 'n gewapende roof by Oppikoffie speel klaar metCharmaine en vier klante. Oom Boet kom in nog 'n plaasaanval om. Francoiskom terug van die Vrystaat af nadat hy die plaas aan die "regmatige eienaars" moet teruggee. Hy omskep Oppikoffie in n "Cash Loan" besigheid
met Aggie as sy volwaardige vennoot.

Hillside se naam word verander na Thabalapa en 7de Laan is helaas nou Jacob Zuma Avenue. Nader aan die werklikheid??????

0 Comments:

Post a Comment

Links to this post:

Create a Link

<< Home