Emma se Feeverhaal
Emma het die afgelope tyd feeverhaal geskenke ('n glasskoen, gemmerkoek mannetjie en teddiebeer) van 'n gehuime bewonderaar afgekry. Toe sy Tobie konfronteer oor die geskenke het hy ontken dat dit hy was, maar iewers sien ek 'n slang in die gras ...
Op 'n ander noot het ek gewonder as die 7de laan karakters in feeverhale moes speel hoe sou dit uitgedraai het:
Hansie en Grietjie (Maria en Aggie)

Maria en Aggie is albei is mal oor hul soetgoed en eet gedurig Cream Scons with extra Jam, en hul het al tot vir die heks (Matrone) om die bos gelei om aan 'n lekkerding te peusel.
Sneewitjie (Lana, Carlos en Madel)


Lana is die arme onskuldige prinses wat met die prins (Carlos) wil trou maar die nare skoonma (Madel) het haar eie slinkse motiewe.
Alice in Wonderland (Alice en Dezi as die hasie)

Alice is dolgelukkig in die boetiek, haar nuwe wonderland en Dezi is die oulike witkop hasie wat haar by hierdie betowerende wereld uitbring.
Rooikappetjie en die Wolf (Sanmarie,Robyn en Oom Oubaas)

Die rooikop rabedoe San-Marie word gedurig agtervolg deur die gehuimsinnige wolf (Robyn) en mens kan maar net wonder of die houtkapper (Oom Oubaas) tot Rooikappie se redding gaan kom - die dat hy deesdae so hard kataboks oefen.


0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home